top of page
Talanja_Logo_Transparent_edited.png

Baie dankie vir u inskrywing!
Ons sal u binnekort kontak vir betaling.

Sien asb die Talanja Gholfdag Bepalings en Voorwaardes hier onder:

  • Besprekings sal eers finaal bevestig word wanneer volle betaling ontvang is.

  • Afsny datum vir inskrywings en betalings is 16 Mei 2025.

  • Stuur asb bewys van betaling aan hellogolfbuggy@gmail.com of whatsapp na 072 298 9959.

  • Geen terug betalings sal gemaak word nie.

  • Inskrywings sal aanvaar word op n eerste kom, eerste betaal basis.

  • Golf karretjies en/of caddies moet direk met Strand Gholfbaan bespreek en betaal word.

  • Alle spelers is onderworpe aan die Strand Gholfklub se reëls.

  • Spelers sonder 'n offisiële voorgee sal speel vanaf: Mans 16, Vrouens 18.

  • Formaat: 4 Bal Samespel met beste 2 tellings op elke gat.

  • Ongelukkig sal geen kinders toegelaat word nie.

  • Die aflsaantye, en enige ander besluit wat deur die organiseerders gemaak word, sal finaal wees.

​

Kolhou vir R100 000:

  • Slegs persone 18 jaar en ouer kan inskryf.

  • Slegs 1 inskrywing per persoon.

  • Die inskrywingsfooi moet betaal word voordat die hou geslaan word, anders sal dit nie tel nie.

  • Slegs die eerste hou sal tel.

  • ​Die putjie verteenwoordiger moet die kolhou sien, en as getuie kan dien.

  • Alle reëls soos by die putjie aangedui sal geld.

  • Hierdie kolhou kompetisie is slegs geldig vir die Talanja Gholfdag op 23 Mei 2025, en slegs vir die 14de putjie.

  • Spelers moet ten alle tye die normale reëls van gholf gehoorsaam.

  • Indien daar meer as 1 kolhou op die dag geslaan word, sal die R100 000 prysgeld gelyk gedeel word tussen al die wenners.

  • 'n Getekende tellingkaart, insluitend die handtekening van die putjie getuie, moet na die rondte ingedien word.

  • Die wenner(s) sal aan die versekeraar se vereistes moet voldoen wanneer 'n eis ingedien word. Dit kan die ondertekening van 'n beëdigde verklaring insluit.

  • Betaling van die R100 000 prysgeld aan die wenner(s) sal slegs geskied in die geval van 'n suksesvolle eis by die versekeraar.

bottom of page